23 juli 2008

Die Agterhuis

Net een interessant Engelstalig blogartikel gelezen over de vertaling van Het Achterhuis van Anne Frank in het Afrikaans. De vertaler, prof. Lina Spies, heeft op 16 juni jl. in Kaapstad een lezing gegeven over haar werk: Die vertaling van die dagboek van Anne Frank. De lezing is hier integraal te vinden (Afrikaans). Misschien alleen interessant voor vertalers, misschien ook voor andere mensen.

Boekomslag Die Agterhuis
NB: Professor Spies haalt in haar lezing ook nog even 'De Boom' aan:

Ook in die Afrikaanse media is die afgelope twee jaar aandag aan Anne Frank bestee. In Die Burger van 19 Maart 2007 het Maureen Joubert ’n mooi artikel geskryf met as opskrif “Anne Frank se boom van hoop”. Joubert verskuif egter onwillekeurig die klem weer te sterk na die dagboek as ’n dokument van hoop, want sy skryf onvermydelik binne die kader van die kultus. Toe die honderd-en-sewentigjarige kastaiingboom in die buurtuin waarop Anne in haar gedwonge afsondering van die buitewêreld kon uitkyk, onlangs weens swamsiekte en ouderdom moontlik uitgekap sou moes word, het dit ‘n soort globale histerie veroorsaak wat mens die “red-die-boom”-aksie kan noem. Deur allerlei maatreëls van boomchirurge bly die boom voorlopig staan.

Anne het maar enkele kere – ek meen drie maal – oor die kastaiingboom geskryf, bv. op 18 April 1944: “Ons het na ons milde wintertjie weer ’n pragtige lente. April is inderdaad verruklik, nie te warm en nie te koud nie, met so nou en dan ’n reënbuitjie. Ons kastaiingboom is al taamlik groen; hier en daar is daar al bloeisels soos klein waskersies aan.” En op 13 Mei 1944 skryf sy dat die vorige dag – haar vader se verjaarsdag en haar ouers se huweliksherdenking – “die son geskyn het soos wat dit in 1944 nog nie geskyn het nie” en vervolg: “Ons kastaiingboom staan van bo tot onder in volle bloei; hy is vol blare en veel mooier as verlede jaar.”

Natuurlik begryp ek die sentiment oor die boom, maar met dié voorbehoud dat die boom deel was van die natuur as sodanig wat Anne net vanagter vensterruite en meesal deur skrewe tussen gordyne kon waarneem. Die boom “staan” in eerste instansie in die dagboek van Anne Frank en nie in die buurtuin van die Agterhuis nie. Anne Frank se natuurbelewenis het vir haar ’n transendente sin gehad, omdat deur wat sy kon waarneem – en dit was veel meer as die kastaiingboom – sy haar verbonde gevoel het met God.

 

Geen opmerkingen: