Posts tonen met het label Afrikaans. Alle posts tonen
Posts tonen met het label Afrikaans. Alle posts tonen

21 november 2013

Onsamehangend en stompsinnig

Oormatige gebruik van SMS-taal programmeer die intellek vir die uiterste afkorting van
gedagtegange sonder die hegwerk van grammatika. In so ’n mate dat jy nie meer weet wat is
taalmatig nodig om ’n gedagte of ’n argument in logies opeenvolgende volsinne of
stellings uit te druk nie. Jy raap hier en skraap daar en kom só oor as onsamehangend en stompsinnig.

---

Bron:

ISSN 1995-5928
Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

12 juli 2012

Poets

Hulle het 'n kind met die naam Isak gehad. So eendag besluit God toe om 'n poets op Abraham te bak...
Abraham! Wewebaya! Sasa wewe inanibidi ua Isak ya mimi!

11 juni 2010

Dis jammer dat hulle nie seker gemaak het van hulle Afrikaans

"Jy kan by Total in Nederland een van vyf oranje T-hemde vir jouself bestel, elke hemp met ’n Afrikaanstalige slagspreuk daarop gedruk. Die slagspreuke is: “Holland is die beste!”; “Tyd vir sokker makietie”; “Yô! Eksie-Perfeksie” en dan twee T-hemde met taalfoute daarop: “Baie goed afrigter” in plaas van “goeie” en “Ons gaan vanaand klop” sonder ’n voorwerp “julle” of “hulle”. Telkens is die Nederlandse vertaling daarby in kleiner lettertjies gedruk. Hierdie Afrikaanstalige T-hemde word op groot baniere en in brosjures geadverteer. Dis jammer dat hulle nie seker gemaak het van hulle Afrikaans nie. Tog is dit duidelik dat Nederlanders gefassineerd is deur Afrikaans, veral as hulle dit ook nog kan koppel aan sakevernuf."

“Oranjegekte” en sakevernuf door Carina van der Walt op LitNet

06 april 2010

Voor een volledig beeld

Hoes 'Die Tolbos'Die Tolbos (1998)
poësie voorgedra deur Eugène Terre'Blanche
met muziekverwerkings deur
Kevin Pienaar

08 maart 2010

Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? > Facebook

Facebook

Asof mens nie genoeg e-mails gehad het om mee te cope nie, is daar nou ook die alegige Facebook-boodskappies wat instroom. Die skoolboelie wil jou maatjie wees, 'n onbekende Koreaan pomp jou in die ribbes en 'n vêr langse kennis het 'n inkriminerende partytjiefoto van jou op die Web gelaai. Iemand anders weer wil flieks vergelyk, spoor jou aan om jou strippernaam te bepaal of het jou as 'n supervriend gelys.
Moerse verbaas (maar baie beïndruk) aanvaar jy jou 200ste friend request. Glad nie sleg nie, dink jy. Maar wanneer laas het jy en daai doos van skool saamgebraai? Is jou skoonfamilie regtig jou vriende? En wat soek daai vervelige eks-kollega op die lys?
Dalk werk Facebook op dieselfde prinsiep als eBucks, waar 10 eBucks gelykstaande is aan een rand. Deel dus jou facebook vriendetal door 10 en trek sommer nog vyf af vir jou familie. Nooi dan die res vir 'n braai. In die regte lewe. Met bier.


Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?
Chopper Charlie
Country: South Africa
Format: Softcover
Publisher: Two Dogs
ISBN: 9781920137274
Publication date: November 2008

Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? – Moontlik die snaakste boek ooit in Afrikaans!

21 februari 2010

Aardvarkgat

Once you start clicking here, you may never see daylight again. 'n Aardvarkgat is 'n gevaarlike plek om in te speel.

19 februari 2010

Brief van Robbeneiland

Brief van Nelson Mandela aan uitgeverij Tafelberg, 27 februari 1975


Via LitNet, die boekehuis met baie wonings.

Brief van Robbeneiland oor 'Verseboek' (Volksblad)

15 februari 2010

Die Antwoord

De ultieme site om je kennis van het hedendaagse Afrikaans te testen. Het begint allemaal heel 'onschuldig' in het Engels met Zuid-Afrikaans accent, maar daarna, vanaf muziekje nummer 2, moeten tussentijds ineens de oren op behoorlijk scherp. Dus, geluid aan, dan hieronder klikken. En niet vergeten in de tussentijd de plaatjes te bekijken, want daar leer je misschien nog wel het meeste van.

Die Antwoord se rympies sal jou fokken kop skop.


Free download: Fish Paste

13 juni 2009

Meer associaties


Associaties zijn rare dingen. Op een Apple-website staat het kopje Text like you talk.
De associatie: Ons skryf soos ons praat, de zinspreuk van het in 1875 opgerichte Genootschap fan regte Afrikaanders.

23 juli 2008

Die Agterhuis

Net een interessant Engelstalig blogartikel gelezen over de vertaling van Het Achterhuis van Anne Frank in het Afrikaans. De vertaler, prof. Lina Spies, heeft op 16 juni jl. in Kaapstad een lezing gegeven over haar werk: Die vertaling van die dagboek van Anne Frank. De lezing is hier integraal te vinden (Afrikaans). Misschien alleen interessant voor vertalers, misschien ook voor andere mensen.

Boekomslag Die Agterhuis
NB: Professor Spies haalt in haar lezing ook nog even 'De Boom' aan:

Ook in die Afrikaanse media is die afgelope twee jaar aandag aan Anne Frank bestee. In Die Burger van 19 Maart 2007 het Maureen Joubert ’n mooi artikel geskryf met as opskrif “Anne Frank se boom van hoop”. Joubert verskuif egter onwillekeurig die klem weer te sterk na die dagboek as ’n dokument van hoop, want sy skryf onvermydelik binne die kader van die kultus. Toe die honderd-en-sewentigjarige kastaiingboom in die buurtuin waarop Anne in haar gedwonge afsondering van die buitewêreld kon uitkyk, onlangs weens swamsiekte en ouderdom moontlik uitgekap sou moes word, het dit ‘n soort globale histerie veroorsaak wat mens die “red-die-boom”-aksie kan noem. Deur allerlei maatreëls van boomchirurge bly die boom voorlopig staan.

Anne het maar enkele kere – ek meen drie maal – oor die kastaiingboom geskryf, bv. op 18 April 1944: “Ons het na ons milde wintertjie weer ’n pragtige lente. April is inderdaad verruklik, nie te warm en nie te koud nie, met so nou en dan ’n reënbuitjie. Ons kastaiingboom is al taamlik groen; hier en daar is daar al bloeisels soos klein waskersies aan.” En op 13 Mei 1944 skryf sy dat die vorige dag – haar vader se verjaarsdag en haar ouers se huweliksherdenking – “die son geskyn het soos wat dit in 1944 nog nie geskyn het nie” en vervolg: “Ons kastaiingboom staan van bo tot onder in volle bloei; hy is vol blare en veel mooier as verlede jaar.”

Natuurlik begryp ek die sentiment oor die boom, maar met dié voorbehoud dat die boom deel was van die natuur as sodanig wat Anne net vanagter vensterruite en meesal deur skrewe tussen gordyne kon waarneem. Die boom “staan” in eerste instansie in die dagboek van Anne Frank en nie in die buurtuin van die Agterhuis nie. Anne Frank se natuurbelewenis het vir haar ’n transendente sin gehad, omdat deur wat sy kon waarneem – en dit was veel meer as die kastaiingboom – sy haar verbonde gevoel het met God.