08 maart 2010

Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? > Facebook

Facebook

Asof mens nie genoeg e-mails gehad het om mee te cope nie, is daar nou ook die alegige Facebook-boodskappies wat instroom. Die skoolboelie wil jou maatjie wees, 'n onbekende Koreaan pomp jou in die ribbes en 'n vêr langse kennis het 'n inkriminerende partytjiefoto van jou op die Web gelaai. Iemand anders weer wil flieks vergelyk, spoor jou aan om jou strippernaam te bepaal of het jou as 'n supervriend gelys.
Moerse verbaas (maar baie beïndruk) aanvaar jy jou 200ste friend request. Glad nie sleg nie, dink jy. Maar wanneer laas het jy en daai doos van skool saamgebraai? Is jou skoonfamilie regtig jou vriende? En wat soek daai vervelige eks-kollega op die lys?
Dalk werk Facebook op dieselfde prinsiep als eBucks, waar 10 eBucks gelykstaande is aan een rand. Deel dus jou facebook vriendetal door 10 en trek sommer nog vyf af vir jou familie. Nooi dan die res vir 'n braai. In die regte lewe. Met bier.


Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?
Chopper Charlie
Country: South Africa
Format: Softcover
Publisher: Two Dogs
ISBN: 9781920137274
Publication date: November 2008

Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? – Moontlik die snaakste boek ooit in Afrikaans!

Geen opmerkingen: